Creative Commons License Deed

GNU Lesser General Public License, Stigting vir Vrye Sagteware

Die GNU Lesser General Public License is 'n Vrye Sagteware-lisensie. Soos enige ander Vrye Sagteware-lisensie gee dit u die volgende vryhede:

  1. Die vryheid om die program vir enige doel te laat loop.
  2. Die vryheid om vas te stel hoe die program werk en dit by u behoeftes aan te pas.
  3. Die vryheid om kopieë verder te versprei sodat u u medemens kan help.
  4. Die vryheid om die program te verbeter en om u verbeteringe aan die publiek beskikbaar te stel sodat die hele gemeenskap bevoordeel word.

U kan die vryhede wat hierin genoem word, benut, mits u voldoen aan die uitdruklike voorwaardes van die lisensie. Die LGPL is bedoel vir sagtewarebiblioteke, eerder as vir uitvoerbare programme. Die vernaamste voorwaardes is:

  • U moet op elke kopie wat versprei word, opsigtelik en gepas, 'n geskikte kopieregkennisgewing en vrywaring van waarborg publiseer, en alle kennisgewings wat verwys na hierdie Lisensie en na die afwesigheid van 'n waarborg ongeskonde behou; en u moet vir enige ander ontvangers van die Program 'n kopie saam met die Program gee van die GNU Lesser General Public License. Enige vertaling van die GNU Lesser General Public License moet gepaard gaan met die GNU Lesser General Public License.
  • Indien u u kopie of kopieë van die biblioteek of 'n gedeelte daarvan modifiseer, kan u die biblioteek wat só ontstaan, versprei, mits u dit doen ingevolge die GNU Lesser General Public License. Programme wat skakel na die biblioteek kan egter gelisensieer word ingevolge bepalings van u keuse, solank die biblioteek self verander kan word. Enige vertaling van die GNU Lesser General Public License moet gepaard gaan met die GNU Lesser General Public License.
  • Indien u die program kopieer of versprei, moet dit gepaard gaan met die volledige bypassende masjienleesbare bronkode.

<%=[ccommons::istr $lang deed.permission]%>

Vrywaring
Vrywaring

Die Commons-akte is nie 'n lisensie nie. Dit is bloot 'n nuttige verwysing om die Regskode (die volle lisensie) te kan verstaan — dit is 'n maklik verstaanbare weergawe van 'n paar van die sleutelbepalings. Dink daaraan as die gebruikersvriendelike koppelvlak van die Regskode waarop dit gebaseer is. Die akte het self geen regswaarde nie en die inhoud daarvan verskyn nie in die werklike lisensie nie.

Creative Commons is nie 'n regsfirma nie en verskaf nie regsdienste nie. Die verspreiding of vertoning van, of skakeling na, hierdie Commons-akte skep nie 'n prokureur-en-kliënt-verhouding nie.

Dit is 'n maklik verstaanbare samevatting van die Regskode hierdie (die volledige GNU Lesser General Public License). 'n Portugese vertaling is ook beskikbaar.